Honderde ligte van die mynaanleg by Kimberley flonker teen die skemerhorison. Mynboubedrywighede is onlosmaaklik deel van Kimberley se ontstaan en sy geskiedenis, net soos die Kimberley-mynmuseum, waar die Groot Gat geleë is. Van alle besoekpunte in Kimberley en omgewing doen toeriste die meeste by dié museum aan. Volgens ’n onlangse meningspeiling deur die Telegraph UK, word Suid-Afrika vanjaar as die voorkeurbestemming vir Britse toeriste beskou. In 2017 was Suid-Afrika derde op die lys. Maklike toegang vanaf Engeland met direkte vlugte tot in Johannesburg of Kaapstad, met ’n tydsone wat nie veel van die land s’n verskil nie, saam met uiterste bekostigbaarheid wanneer in die Britse geldeenheid betaal word, was van die bydraende faktore. Kaapstad is die gewildste stad om te besoek, met die Krugerwildtuin wat ook as ’n gewilde besoekpunt gelys is. Kenia en Botswana is onderskeidelik sewende en tiende op dié lys.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article