McGregor Museum
Die maandelikse mark vir liefdadigheid wat die afgelope tyd by die McGregor-museum in Herlear, Kimberley, aangebied word, was op Saterdag 7 September baie bedrywig, met 71 stalletjies waarby hoofsaaklik unieke selfgemaakte produkte te koop aangebied is. Talle stalletjies het ook aktiwiteite vir kinders aangebied. Mona Ditlow, een van die organiseerders, vertel dat daar ’n groot toename in belangstelling is sedert die mark by die museum aangebied word. Die terrein bied volop uitstalruimte, met talle stalletjies wat op die groot stoep opgestel is. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article