Glasogies, ’n kordate standvoël in menige tuin, is gaande oor onder meer vrugte wat vir hulle neergesit word en sal sommer gou werk maak van ’n oopgesnyde appel. Hulle vreet ook onder meer insekte en spinnekoppe. Glasogies, waarvan meer as een spesie bestaan, weeg ongeveer 11 g. Dié voëls het verskeie streeksname, onder meer: meelogie, kersogie, ringogie en piet-la-pok. Hulle beweeg in klein swerms, en is baie vokaal met ’n sagte “twiee”.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article