’n Pretloop vir Bybels wat onlangs in Kenhardt plaasgevind het, het die hele gemeenskap betrek. Deelnemers het boonop met die geldinsamelingsveldtog stof in die oë van verlede jaar se Bak vir Bybels-veldtog gestap.
Die geleentheid is op 24 September deur die jeuglede van die NG kerk Kenhardt aangebied.
Voor die aanvang van die verrigtinge is 20 duiwe saam met die lui van die kerkklok losgelaat en “Chariots of Fire” en “Stand up for the champions” is gehoor.
Die 16 inwoners van die Silweroord-aftreeoord, asook die personeel, het almal deelgeneem. Die bejaardes is in rolstoele gestoot en elkeen het ’n medalje vir deelname van die Bybelgenootskap ontvang.
Dit was vir die inwoners ’n groot voorreg om te kon deelneem.
Ongeveer 100 deelnemers het om 09:00 die roete begin stap, en ’n maksimum van 10 km kon afgelê word.
Twee waterpunte het die innerlike versterk en by die eindpunt is elkeen met ’n medalje beloon.
Volgens Elmy Kunz was die hele gemeenskap hierby betrokke – van die roete wat uitgelê is; die ervare stappers Magriet Connan en Rika van Zyl wat waardevolle kennis gedeel het; die SAPD wat die paaie beveilig het; waterpunte wat beman is; skenkings wat gemaak is tot leerlinge wat deelgeneem het.
Hier volg die oorspronklike skrywe soos vanaf Kenhardt ontvang. Dit moes weens ruimtebeperking in die gedrukte koerant verkort word:
Op
24 September om 08:00 het die jeug van NG kerk Kenhardt ‘n Pretloop vir
Bybels gehou. Die hele gemeenskap was betrokke, letterlik van oud tot
jonk.
Die
plaaslike ouetehuis, Silweroord, se 16 inwoners en personeel het almal
deelgeneem. Hulle is deur die personeel in rolstoele gestoot en elkeen het ‘n
medalje van die Bybelgenootskap ontvang. Die inwoners is deur Eeton Wicekens en
Veronica Lombard vergesel na die verrigtinge en ná die afloop weer deur Elmy
Kunz op haar rooi bromponie en Veronica Lombard. Linay Burger het die verrigtinge op
video vasgelê.
Voordat
die rolstoel pretloop begin het, het die kerk se klok gelui en Willem du
Toit het 20 duiwe losgelaat. Dit was vir almal ‘n baie spesiale oomblik. Wian Nel het die rolstoele met “Chariots of Fire” en “Stand up for the Champions” vergesel. Die inwoners was baie opgewode en ook emosioneel – hulle het gedink dit
was ‘n groot voorreg om ook te kon deelneem aan so ‘n belangrike en spesiale
geleentheid.
Daar
was ongeveer 100 deelnemers wat om 09:00 die roete begin stap het, nadat Koot
Becker die verrigtinge geopen het. Elke deelnemer kon ‘n maksimum van 10 km
stap. Elke stapper kon kies hoe ver hulle
wou stap. Daar was twee waterpunte op die roete met water, sap en lemoene. Die
eerste waterpunt het die stappers op 2,5 km trakteer. Die waterpunt was deur Rozelle Doran en
Marisca Visser beman. Die tweede waterpunt was
op die halfmerk 5km. Hier was ons
staatmakers Yulandi Nel en Elbé Visser die vriendelike gesigte wat ons stappers
aangemoedig het.
By
die eindpunt het Jeannette Bezuidenhout die stappers met ‘n
medalje beloon. Elmy Kunz, plaaslike paparazzi, het elke deelnemer afgeneem soos hulle die staptog voltooi het. Rika Goosen en Jorco Nel het seker gemaak dat
elke stapper hul inskrywingskaartjie in ‘n boks geplaas het vir ‘n spesiale
trekking wat met ‘n latere geleentheid sal plaasvind wanneer ons herder, ds.
Mike Scholly, ná sy vakansie terug is.
Deelnemers
kon rus en hul hongerte stil deur worsbroodjies of gebraaide vleis te koop
wat deur NG-lidmate gemaak is. Ons braaiers was Louis, Barend, Murray en
Esjay. Ons verkopers was Jennie en
Aletta.
Lucian
Struass, ‘n 14-jarige deelnemer ,het weggespring en die hele 10 km gehardloop. Lucian het stof in al die deelnemers se oë
geskop deur die 10 km in 49 minute te voltooi.
Eeton
Wickens het effense teëspoed gehad. Sy
20-jarige regtertekkie het besluit om sy sool te verloor. “Patch work” is deur Adriaan Booysen op die 5 km-merk gedoen en daarna het Eeton ‘n “doek-voet” gehad. Die laaste deelnemer het
rondom 11:00 die eindpunt bereik.
Magriet
Connan en Rika van Zyl het die roete uitgelê, waarna Wynand Bezuidenhout en sy
seun Karel die merkers geplaas het.
Lede
van die SAPD wat ons gehelp het om paaie te beveilig was kapt. Van Wyk, adj.
Selborne, sers. Parage en konst. Mabale. Hulle was behulpsaam om seker te maak dat alle
stappers veilig by die eindpunt aangekom het.
Lemley
Nell het water, sap en piesangs geborg vir elke stapper, wat almal baie waardeer
het. Met hierdie waardevolle produkte
het ons stappers hul energie en dors geles.
‘n
Plaaslike onderwyseres, Moreen Losper, het uit haar pad gegaan om seker te maak
dat ons dorp se skoliere ook aan die pretloop deelneem.
Sonder
ons jeugkommissie, ds. Mike Scholly, Jeannette Bezuidenhout, Riana van Zyl,
Yulandi Nel, Veronica Lombard, Wian Nel en Monique Lombard, wat al die reëlings
getref het om hierdie pretloop te organiseer, sou dit nie moontlik gewees het
nie.
Ons
was bevoorreg om twee ervare stappers, Magriet Connan en Rika van Zyl, in
ons span te hê wat waardevolle kennis gedeel het deur ons te help met die
reëlings.
Die jeug wil almal wat betrokke was bedank vir elke klein of groot bydrae wat
gemaak is om hierdie pretloop ‘n sukses te maak.
Die
opbrengs van diepPretloop het “stof in die oë” van 2021 se “Bak vir ‘n Bybels” gestap.





