Die eerste Crimson Red Velvet-roos wat hierdie lente in die tuin pryk, is in pas met die digter C. Louis Leipoldt se lofgedig oor Oktober, waaraan hy die beskrywing as die “mooiste, mooiste maand” toegedig het. Ná die kouefront wat verlede week Oktober allermins na lente laat voel het, wil dit voorkom of warmer – en sommer heelwat warmer – temperature vandeesweek wag. Vir Kimberley is die gemiddelde minimum temperatuur van Woensdag tot Sondag 17,8 °C en die gemiddelde maksimum 35 °C. Vir Kuruman is dit onderskeidelik 18,4 °C en 34,2 °C, en vir Upington 20,4 °C en 38,2 °C, aldus die weerwebwerf yr.no.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article