Saam met veral vrugtebome, wat nou oordadig aan die blom is, bied die bauhinia met sy orgidee-agtige blomme ’n pienk-en-wit skouspel in talle tuine en op sypaadjies in Kimberley. Meer as 300 bauhinia-spesies bestaan oor die wêreld heen, en in Suid-Afrika word inheemse en uitheemse spesies aangetref, soos dié bauhinia wat ook as die orgideeboom of kameelvoet bekend staan – na aanleiding van die vorm van sy blare, wat later hul verskyning maak.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article