Kort voordat die uitheemse jakaranda-bome eersdaags met pers blomme getooi gaan wees, is veral die inheemse apiesdorings in volle bloei. Die Senegalia galpinii, voorheen as die Acacia galpinii bekend, is van die grootste groeiers in die familie en kan tot 30 m hoog word. Hulle word ook aan hul buitengewone, langwerpige bloeisels herken, waaroor bye en skoenlappers gaande is. Ape hou daarvan om in dié groot bome met uitgestrekte takke skuiling te soek, vandaar die naam apiesdoring. ’n Apiesdoring kan warm en droë toestande trotseer en is ’n ideale boom vir ’n groot tuin.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article