Oomblikke voordat die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, sy opwagting by vanjaar se provinsiale rede op skrikkeldag 29 Februarie maak, vier afwagting en verwagting hoogty op die ryvlak waar sy ampsvoertuig hom gaan aflaai. Dit op die agtergrond is ’n blote weerkaatsing in die glaspanele van die Mittah Seperepere- internasionale konferensiesentrum. Lede van die polisie staan op aandag, die landsvlag wapper ’n oomblik nie. Die polisie-orkes en lede van die berede eenheid hou asem op vir die verbymars. Betogers langs die besige T-aansluiting met West Circular-weg laat sak ’n oomblik hul plakkate. Die klik-klak van laatkommers in hoëhakskoene is ’n oomblik hoorbaar. Verder weg in die straat ry voertuie onverpoos na hul onderskeie bestemmings, met inwoners nog verder weg, en ver anderkant die bome, onbewus van dié oomblik.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article