’n Verskeidenheid spesies van die wawielspinnekop kom algemeen voor, soos dié een met rooi-swart gestreepte pote buite Kimberley. Dié met geel-swart gestreepte pote is mees algemeen. Die webbe is ’n wawielvorm – vandaar die naam. Dié spinnekop is nie skadelik vir mense nie, maar jy kan jou in die fyn uitgebreide web in die veld vasloop. ’n Eiersak, waaruit honderde spinnekoppies kan broei, word vermoedelik deur voëls wat van die sydrade vir hul neste vaslê, versprei. Dit veroorsaak dat die spinnekoppe in gebiede voorkom waar hulle nog nie voorheen gesien is nie. In die laatsomer groei die wyfiespinnekoppe vinnig en raak opvallend. Die spinnekoppies broei in die herfs uit en oorwinter as klein spinnekoppe. Bron: biodiversityexplorer.info. Het jy ’n foto, 1 MB of groter, met ’n storie wat jy wil deel? Stuur dit na helena.barnard@media24.com.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article