Wêreld-olifantdag word Vrydag (12/08) gevier om mense opnuut daarvan bewus te maak dat dié grootste landdiere se voortbestaan bedreig word. ’n Volwasse olifantbul kan tot 3 m hoog wees, tot 6 t weeg en bereik eers volle grootte op ongeveer 40-jarige ouderdom. Hulle kan tot 70 jaar oud word. ’n Olifantkalf weeg ongeveer 120 kg met geboorte en kan binne 20 minute staan en binne ’n uur stap. Die slurp het glo omtrent 150 000 spiere en benewens dat hulle baie fyn kan raakvat met die punt van die slurp, gebruik hulle dit om water te drink én as ’n snorkel wanneer hulle swem. Olifanttroppe word deur die koeie gelei. Dié diere het hegte sosiale en familiebande. Na raming is daar minder as ’n halfmiljoen olifante in die natuur oor, met die meeste daarvan in Botswana, soos dié ma en kalf langs die Chobe-rivier.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article