“Die winter kom groet net.” Só het ’n petroljoggie vertel oor die koue front wat ’n groot deel van die land se inwoners verlede week en die afgelope naweek laat bibber het. Sneeu het plek-plek geval, soos hier in Wakkerstroom. In die Noord-Kaap het minimum temperature op plekke tot onder vriespunt gedaal, met ’n ysige windjie uit die suide. Hoewel Lentedag, op 1 September, net ’n week weg is en bloeisels en nuwe blare reeds hul verskyning maak, sal Winter waarskynlik voor sy eindelike aftog nog een of twee van sy koue soene oor die land kom blaas.

Foto: Facebook/Storm Report SA/Kristi Garland

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article