Die oggendson gooi ’n goue kleed oor ’n vol Oranjerivier. Hopetown se brug is een van 35 oor die Oranjerivier, die langste rivier in die land. Dié rivier, met sy oorsprong in die Drakensberge in die Lesotho-hoogland, mond meer as 2 200 km verder by Alexanderbaai uit. ’n Groot gedeelte van die rivier vorm die grens tussen Suid-Afrika en Namibië. Met die oprigting van brûe oor die Oranjerivier is die deurgang van die suidelike na die noordelike dele van die land drasties vergemaklik en is ver ompaaie en moeilike vlotvaarte oor die rivier uitgeskakel.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article