Teen Maandagmiddag (30/01) het ’n reënbui oor Kimberley uitgesak – ’n welkome lafenis ná die hoë temperature wat die afgelope tyd beleef is. Teen laatmiddag was daar min van die blou onweerswolke te sien, met slegs ligte wolke op die horison en enkele los wolke wat in plasse water by Rooifontein buite die stad weerkaats. Vir vandeesweek word nog reënbuie vir die Noord-Kaapse hoofstad voorspel, met maksimum dagtemperature van nie hoër as 31 °C nie. Vir Upington word dagtemperature tot so hoog soos 38 °C voorspel, met Kuruman se hoogste dagtemperatuur teen 30 °C.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article