“Mense se houding oor blare, noudat dit herfs is, verstom my. So asof hulle met mag en mening daarvan ontslae wil raak. Dit word bymekaargemaak. Of selfs geblaas met daardie aaklige, raserige masjiene. (Wat ook nog ’n klomp koolstofdioksied die atmosfeer inblaas.) Dan, ergste nog, word dit verbrand. Die kringloop van die natuur word versteur. Die aarde beroof van organiese materiaal, só nodig vir die somer se groei wat kom. So asof ons alle tekens van verganklikheid wil uitwis. Bang is om daarmee gekonfronteer te word. Ons distansieer van doodgaan. Nie soos Gerhard Verdoorn wat sy liggaam aan die veld en die aasvoëls wil skenk nie.” Só skryf Kobus Terblanche van Middelburg in ’n lesersbrief aan Beeld op die vooraand van die winter, wat amptelik op 1 Junie aanbreek.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article