’n Clivia, of boslelie, is een van die gewildste keuses vir ’n lentetuin. Die plant se meestal vlam-oranje blomme verskaf reeds vroeg in die lente spatsels kleur. Die gewone inheemse clivia is immergroen en meerjarig, en wanneer die blomme gekwyn het, gee die donkergroen blare en donkerpienk tot bloedrooi vlesige vrugte steeds kleur aan ’n tuin. Clivias hou van gefiltreerde sonlig en word vir droë skadutuine aanbeveel.

Foto: Helena Barnard

Foto-beeld: Bly ’n staatmaker vir vrolike lentetuin

’n Clivia, of boslelie, is een van die gewildste keuses vir ’n lentetuin. Die plant se meestal vlam-oranje blomme verskaf reeds vroeg in die lente spatsels kleur. Die gewone inheemse clivia is immergroen en meerjarig, en wanneer die blomme gekwyn het, gee die donkergroen blare en donkerpienk tot bloedrooi vlesige vrugte steeds kleur aan ’n tuin. Clivias hou van gefiltreerde sonlig en word vir droë skadutuine aanbeveel.

Foto: Helena Barnard

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article