Op ’n dynserige laatlentedag waartydens die sonstrale deur ’n wolklaag gedemp word, mik dié vier springbokke in die Mokala- Nasionale Park vorentoe. Die springbok is ’n baie algemene wildsoort in Suid-Afrika, wat grasvlaktes verkies. Die boksoort is genoem na sy gewoonte om pronkend in die lug te spring. Springbokke kan tot 3,5 m hoog spring – ’n tegniek wat roofdiere glo verwar.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article