Die laaste dag van hierdie somerseisoen het op 29 Februarie aangebreek, en daarmee raak die geleentheid om soos hierdie rob aan die Noord-Kaapse kuslyn in die son te bak, al hoe minder. Hoewel herfs op 1 Maart begin en die nagtemperature aansienlik koeler is, beteken dit nie dat die hitte gewyk het nie. Vir die volgende dae, tot Dinsdag 5 Maart, word ’n gemiddelde maksimum temperatuur van 35,7 °C vir Kimberley voorspel, vir Kuruman 34,2 °C en vir Upington 36,7 °C, aldus die weerwebwerf yr.no. Slegs enkele verspreide donderbuie word vir die tydperk voorspel.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article