Die Yonder Hartsfees, ’n fees vir die hele gesin, het Woensdagaand (24/08) in Kimberley begin en duur tot Sondag (28/08).
Die hekke na die feesterrein maak vir die duur van die fees om 09:00 oop.
Behalwe ’n verskeidenheid kuns- en kosstalletjies wat besoekers se aandag sal trek, vind musiek- en sportvertonings onder meer plaas, met baie aktiwiteite vir kinders.
By die pretpark kan ritte op onder meer die mallemeule plaasvind. Ritte kos R20, R40 of R60. By kinderland, net langs die pretpark, kan kinders aan allerlei speletjies deelneem en onder meer hul gesigte laat verf.
Van die aktiwiteite op die program is:
Donderdag
Verskeie optredes, onder meer deur Ollie die Singende Nar, DJ Tom Tom, skoolkore en die SAPD-orkes vind gratis plaas.
09:00 – 22:00: Die pretpark is oop.
12:00 – 18:00: Kinderland is oop.
18:00 – 23:00: Snotkop en verskeie plaaslike kunstenaars tree by die Venue@Yonder in die Barnyard-konsert op. ’n Kaartjie kos R200 en sluit toegang tot die fees in.
Vrydag
09:00 – 22:00: Die Kuierkroeg by die Haakbosskerm kan besoek word.
09:00 – 22:00: Die pretpark is oop.
09:00 – 18:00: Kinderland is oop.
09:30: Mathys Roets en Martelize Brink doen bewusmaking oor gestremdheid.
11:30: ’n Boccia-vertoning vind plaas.
13:30: Die SAPD-orkes tree op.
15:00: Bee-Bee die By vermaak kinders.
15:00: ’n Kameelresies vind plaas.
16:00: Ollie die Singende Nar tree op.
16:00 – 23:00: Loufi, Diana en Mars, GnT, Posduif en Christia Visser tree by die Venue@Yonder op. ’n Kaartjie kos R200 en sluit toegang tot die fees in.
18:00: Lizz Meiring en Mathys Roets tree in die Yonder-saal op. ’n Kaartjie kos R200 en sluit toegang tot die fees in.
Saterdag
09:00 – 22:00: Die Kuierkroeg by die Haakbosskerm is oop.
09:00 – 18:00: Kinderland is oop.
09:00 – 22:00: Die pretpark is oop.
09:00: Die “colourrun”, ’n 5 km-pretwedloop, vind plaas. Volwassenes betaal R60 en kinders R40. Dit sluit toegang tot die fees in.
10:00: ’n Oggendteeparty met Nicqie en Martelize Brink vind plaas. ’n Kaartjie kos R200 en sluit ’n ligte ete, drinkgoed en toegang tot die fees in.
13:00: Deelnemers takel ’n 1 kg-biefstuk in die soeke na die Kilogram-kampioen. Deelnemers betaal R300 vir deelname.
Deur die dag vind verskeie gratis aktiwiteite plaas, van karate en raakrugby tot ’n kameelresies en toutrek. Gratis musiekvertonings vind van 12:00 tot 21:00 op die oop verhoog plaas en Reggie, Beryl Kruger, Marius en Eduan, Tee Kay en Kalahari Kaktus tree onder andere op.
17:00 – 23:00: Dr Victor and The Rasta Rebels, asook Hannah E, Mars, GnT, Leah, Heuning en ander tree by Venue@Yonder op. ’n Kaartjie kos R200 en sluit toegang tot die fees in.
Sondag
09:00 – 13:00: Die pretpark, kinderland en stalletjies is oop. Gewyde musiek word gespeel, en gratis optredes deur Beryl Kruger, Willie Joubert, Marius en Eduan vind plaas, asook die eindronde van die koorkompetisie.
Die fees vind by Malu-park, Yonder se feesterrein in Kimdustria plaas. Die hek is uit Hendrik van der Biljstraat bereikbaar.
- Kaartjies is by die hek te koop, asook by iTickets.co.za.
- Kry die volledige program op die Facebook-blad Yonder Hartsfees.





