Onvoorspelbare reënvalpatrone in die Noord-Kaap skep ideale toestande vir bloutongvirus (BTV) onder skape.
Kommer bestaan dat voldoende entstof hierteen nie vroegtydig beskikbaar gaan wees nie weens die onvoldoende produksie van diere-entstof by die Onderstepoort-veeartseny-sentrum.
Reinette Liebenberg, LPW – DA, sê die tekort aan entstowwe moet dringend hanteer word aangesien gevalle van BTV reeds aangemeld is.



