Veteraantrekkers soos dié John Deere sal ook Saterdag (06/08) te sien wees.

Foto: Facebook Vaalharts Veteraan Klub

Tientalle veteraanmotors, -trekkers en -implemente is Saterdag (06/08) op uitstalling tydens die Vaalharts Veteraanklub se ekspo.

Besoekers kan hulle boonop aan die trekkerspeletjies verwonder wat deur lede van die klub uitgevoer word.

Hedley Price, sekretaris en lid van die klub, sê hulle probeer om minstens een maal per jaar so ’n ekspo te hou. Vanjaar s’n sal die eerste wees sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie.

Hy sê toegang is gratis en kosstalletjies sal beskikbaar wees, asook vermaak vir kinders. 

Belangstellendes kan om 08:30 by die klubmuseum by die Magogong-silo opdaag. Die uitstalling sal tot ongeveer 13:00 duur.

Om by die klubmuseum uit te kom, ry 12 km op die N18 van Hartswater in die rigting van Vryburg. Draai regs net ná Senwes Magogong se silo’s, en weer regs by die eerste afdraai.  

Besoek die Facebook-blad Vaalharts Veteraan Klub vir meer inligting.

veteraan

Verskeie veteraanmotors sal Saterdag (06/08) te sien wees.

veteraan

Tientalle veteraanmotors kan Saterdag (06/08) by Magogong besigtig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article