Vanjaar se matriekeksamen begin op Maandag 30 Oktober en eindig op Dinsdag 5 Desember.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het vroeër gesê die onderwysstelsel is slaggereed vir die eksamen. Volgens haar het meer as 723 000 kandidate hulle geregistreer om vanjaar se eksamen in 6 800 sentrums oor die land heen af te lê.

Sy het erken dat die uitlek van vraestelle ’n groot probleem vir die departement bly, maar het bygevoeg dat verskeie veiligheidsmaatreëls vanjaar ingestel is om dit te verhoed.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article