Alle belangstellendes in en om Kimberley word na die gemeentevergadering van die NG kerk Dutoitspan op Sondag 23 Oktober genooi.

Ds. Pieter Prinsloo van die NG kerk Kroonstad-Wes sal die oggenddiens van 08:45 tot 10:00 waarneem, waarna almal wat hierby belang het die gemeentevergadering kan bywoon.

Hiertydens kan vrae oor dolering gevra word.

Ds. Ensie Enslin van die gemeente sê dolering beteken dat getreur word oor die dwaling wat sommige predikante, professore en lidmate van die NG Kerk onder leiding van die Algemene Sinode se besluite verkondig.

Stelselmatig het hulle al hoe verder van die Bybel as Woord van God wegbeweeg.

Die voorlopige program wat vir die vergadering uiteengesit is, is soos volg:

  • ’n aanbieding van 20 minute oor die kernsake;
  • ’n vraesessie van 15 minute oor die genoemde kernsake; en
  • ’n antwoordsessie van 25 minute deur Prinsloo.

Enigeen wat daarin belang stel om die vergadering by te woon, kan Enslin by 079-522-9680 of 053-842-1100 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article