Altesaam 18 spanne van rolbalklubs in die Intervaal-distrik het die afgelope naweek in Hartswater aan die Intervaal gemengde pare-kampioenskap deelgeneem.
Na afloop van die byeenkoms is Neels de Lange en Chrizaan Visser van die Bloemhof-rolbalklub as die wenners aangewys.
In die tweede plek was Johann van der Watt en Kariena van der Watt van Hartswater, terwyl Johan Botes en Suzette van Wyk van Hertzogville derde geëindig het.
Nick McKenzie en Mari de Jager van Schweizer-Reneke het vierde geëindig.
Die eerste drie spanne neem eerskomende naweek aan die Noord-Kaap-gemengde pare-spel in Kimberley deel.
Die wenners van dié byeenkoms dring deur na Rolbal Suid-Afrika se gemengde pare kampioenskap wat vanaf 16 Junie plaasvind.





