CAMPBELL – Die diefstal van 52 skape is op ‘n plaas in die Campbell-distrik in die Noord-Kaap gefnuik.
Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), gestasioneer by die Campbell-polisiekantoor, het op Donderdag 26 Maart omstreeks 21:00 inligting ontvang rakende ‘n beplande veediefstal op die spesifieke plaas, en het dadelik opgetree.
Met hul aankoms op die toneel het die polisielede die skape in ‘n hoek van die kamp gevind. Die skape se pote was reeds met draad vasgemaak, en ‘n gedeelte van die heining reeds oopgesny. Dit dui daarop dat die verdagtes van plan was om die vee binnekort te verwyder.

Die eienaar van die skape, saam met naburige boere, is aangeraai om sekuriteitsmaatreรซls vir vee te versterk, aangesien die gebied as ‘n brandpunt vir veediefstalvoorvalle geรฏdentifiseer is.
Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie. Hoรซdigtheidpatrollies is egter sedertdien in die gebied nรก die voorval van stapel gestuur, sรช luitenant-kolonel Thabo Litabe, polisiewoordvoerder. Die distrikskommissaris van die Pixley ka Seme-distrik, generaal-majoor Nomana Mtukushe, het die polisielede geprys vir hul vinnige en besliste optrede.
Veediefstal ‘n voortdurende uitdaging
Hoewel voorvalle van veediefstal regdeur die jaar voorkom, word meer vee rondom feestye, soos Kersfees en Nuwejaar, en ook Paasnaweek, gesteel.
Volgens statisitiek word veediefstal in die Pixley ka Seme-distrik gereeld vanuit Campbell, Griekwastad en Colesberg aangemeld. In die John Taolo Gaetsewe-distrik word Kuruman, Tsineng en Mothibistad as hoรซ risiko-gebiede vir veediefstal beskou, en Delportshoop, Warrenton, Galeshewe en Barkly-Wes in die Frances Baard-distrik. Upington, Postmasburg en Rietfontein word ook veral deur veediewe in die ZF Mcgawu-distrik geteiken.

Veediefstal het die Suid-Afrikaanse landboubedryf, volgens AfriForum, van Januarie tot Maart vanjaar van minstens R200 miljoen in direkte verliese gestroop.
Die SAPD en landbou-organisasies soos Graan SA raai vee-eienaars aan om soveel moontlik stappe te neem om hul eiendom te beveilig:
- Gereelde monitering: Tel vee daagliks en monitor weidingsgebiede gereeld. Let op na heinings wat dalk gesny is, en ook na tekens dat persone moontlik vanuit ‘n verskuilde posisie die plaasroetine en veehantering waarneem.
- Diere-identifikasie: Maak seker dat alle vee volgens die Wet op Diere-identifikasie gemerk is om eienaarskap te kan bevestig.
- Infrastruktuuronderhoud: Hou alle heinings en hekke in ‘n goeie toestand en sluit laaibanke wanneer dit nie gebruik word nie.
- Onmiddellike aanmelding: Meld enige verdagte aktiwiteit of diefstal sonder versuim by die plaaslike polisiestasie aan of via die MySAPS-app. Aanmelding dra ook daartoe by dat statistiek bygehou word.
LEES OOK: Vermeende skaapdiewe wat boer aanval verskyn in hof






You must be logged in to post a comment.