Drie Noord-Kaapse dorpe is Sondagaand (16/04) as semifinaliste in Kwêla op kykNET se jaarlikse Dorp van die jaar-kompetisie aangewys.
Kimberley, Prieska en Nieuwoudtsville is die drie semifinaliste.
Die dorp wat die meeste stemme ontvang, sal die Noord-Kaap as finalis in die kompetisie verteenwoordig.
Kwêla verfilm dan ’n tien minuut-insetsel in elke finalis-dorp.
Inwoners kan reeds vir die dorp stem wat hulle glo die eerbewys verdien. Die stemlyne sal tot Vrydag 21 April om 12:00 oop wees.
Die drie benoemings vir die eerste drie streke word ook op Kwêla se Facebook-blad geplaas word, vanwaar inwoners dit kan deel en “like”.
Die semifinaliste van die Wes-Kaap en Noordwes/Gauteng is ook Sondagaand bekend gemaak.
Uit die Wes-Kaap het Stilbaai, Bonnievale en die Paarl die paal gehaal, terwyl die semifinaliste vir Noordwes/Gauteng die dorpe Hartbeespoort, Potchefstroom en Klerksdorp is.
Om te stem:
SMS slegs die naam van jou gunsteling-dorp na 33157 teen R1.50 per SMS. SMS’e is tot 30 SMS’e per nommer beperk.
Herhalings van Kwêla op kanaal 144 is Maandag om 08:30, Dinsdag om 01:00, Dinsdag om 10:30, Woensdag om 12:30, Donderdag om 16:00, Vrydag om 10:00 en Saterdag om 13:30.





