Funksie van AI nou ook in Afrikaans beskikbaar.
Ter illustrasie. FOTO: Andrea de Santis/Unsplash

Deursoek die wêreldwye web, of skep inhoud met die hulp van kunsmatige intelligensie (KI): Albei hierdie funksies is nou op een platform, en boonop in Afrikaans beskikbaar.

Hierdie platform, Afrikaans.ai, is ‘n KI-funksionaliteit deur Afrikaans.com waardeur digitale grense in Afrikaans verbreed word.

Wat maak Afrikaans.ai uniek?

Afrikaans.ai is ’n Afrikaanse digitale gids wat help om met selfvertroue en gemak inligting te soek, te verwerk en aan te wend. Hierdie funksionaliteit:

  • kombineer inligting van verskeie aanlynbronne om vinnig volledige, omvattende antwoorde te verskaf;
  • dit gee antwoorde in maklike, verstaanbare Afrikaans;
  • verwys duidelik na die bronne wat gebruik is, sodat jy verdere navorsing kan doen indien nodig;
  • laat jou kies tussen KI-geskepte insigte en tradisionele websoektogte – afhangend van jou behoefte;
  • dit is nie ’n taal- of vertaaldiens nie, maar ’n funksionaliteit wat help om maklik en vinnig by antwoorde uit te kom.
Afrikaans.ai kan ‘n nuttige hulpmiddel vir enige skoolprojek wees. Foto: Kateryna Hliznitsova / Unsplash

Twee maniere om te soek

Afrikaans.ai bied twee funksies op een platform:

  • Wêreldwye web: Met hierdie funksionaliteit kan die algemene web deursoek word en inligting word in Afrikaans gegee.
  • Kunsmatige intelligensie: Gebruik gevorderde KI om inhoud te skep, vrae te beantwoord, teks saam te vat, skeppende idees te ontwikkel en meer.

Vir wie is Afrikaans.ai?

Of jy ’n ouer, onderwyser of ’n student is of net nuuskierig oor die wêreld om jou is – Afrikaans.ai is vir jou. Met Afrikaans.ai bou Afrikaans.com voort op sy verbintenis om Afrikaans as ’n moderne, lewenskragtige taal aanlyn te bevorder.

Probeer afrikaans.ai deur op die platform te registreer. Dit is gratis, asook die gebruik daarvan.

  • Besoek ook Afrikaans.com se leerhulp-vlagskipprojek. Hier word leerinhoud vir Afrikaans huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal vanaf voorskool tot matriek gevind.  Dit bevat ook ‘n uitgebreide en volledige afdeling vir die vroeëkinderontwikkelingsfase met lesplanne, remediërende materiaal en meer. Op Afrikaans.com se leerhulpblad kan leerlinge, ouers en onderwysers met selfvertroue kers opsteek by gereed-om-te-gebruik-inhoud ontwikkel deur vakkundiges. Al die inhoud is gratis en aflaaibaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article