Elzabé Zietsman tree op 6 September in Victoria-Wes op.

Foto: Verskaf

Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.

NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.

Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com – onthou om te laat weet in watter dorp dit plaasvind, en hoe laat dit begin.

2 September
  • ’n Potjiekoskompetisie, asook ’n boeremark en -sportdag, met vermaak vir kinders en musiek, vind by die Jacobsdal-gholfbaan plaas. Die verrigtinge begin om 08:00 en duur tot 17:00. Skakel 079-299-8535 of 066-004-1264.
  • Amore Bekker is die gasspreker by ’n geleentheid wat by die Jannie Brink-skool in Kimberley aangebied word. Haar tema is “Deel met die kaart wat aan jou gegee is”. Vir navrae skakel 084-706-8576.
  • ‘n Lentemark vind van 08:00 tot 16:00 by Pro Plants in Kimberley aan. Besoek die Facebook-blad vir meer inligting.
2 September (Sport)
  • The annual Vulture Conservation Trail Run, presented by Kimberley Harriers Running Club, takes place at 08:00 at the Dronfield Nature Reserve outside Kimberley. Enter for the 16 km trail run, or the 4,9 km fun run/walk. Entries close Thursday (31/08) at 23:00. Dial 078-953-6337 or 083-381-9804.
6 September
  • A Wedding Expo, with fasion, food and wine – and Elvis Blue – is presented at 18:00 at the African Vineyard on Kanoneiland outside Upington. Dial 083-461-1724 for more information.
  • Beleef Karoo-kos en kabaret, “Op ‘n ligte noot”, saam met Elzabé Zietsman om 19:00 in die Apollo-teater in Victoria-Wes. Besoek Apollo Theatre op Facebook vir meer inligting.

Elzabé Zietsman tree op 6 September in Victoria-Wes op.

8 September

  • ‘n Jeugaand met Nadine Blom vind om 18:00 by die NG kerk Wes-gemeente in Upington plaas. Skakel 082-444-1492 vir meer inligting.
  • Mars en Donne tree om 19:00 tydens ‘n lentedans by die NG kerk Vooruitsig in Kimberley op. Skakel 076-759-8466 vir meer inligting.
8 September (Sport)

Leer om te roei saam met die Upington-kanoklub. Belangstellendes kan by die klub se opedag om 16:00 by Sakkie se Arkie opdaag, of besoek Upington Canoe Club op Facebook vir meer inligting.

15 September
  • ‘n Mandjiedans vind by die Laerskool Eureka plaas. Bring jou mandjie met eet- en drinkgoed en kom kuier en dans saam. Kaartjies teen R50 per persoon is by die skool se ontvangstoonbank of by die saaldeure beskikbaar. Kontak die skool vir meer besonderhede.
15 en 16 September
  • Milan Murray is die gasspreker by twee geleenthede wat deur die NG kerk Bakenskop in Kimberley aangebied word. Op Vrydag tree sy by die Laerskool Newton op, en praat oor “My story tribe” met leerlinge. Saterdag tree sy tydens die vroueteegeselligheid op, en haar tema is dan “Laat jou onderrok uithang”. Skakel 082-721-3172 oor die vroueteegeselligheid, en 084-207-0587 oor die aanbiedinge by die skool.
16 September
  • Ter viering van die 30ste bestaansjaar van die Orania CVO-skool word die Orania gaan groot-musiekfees van 12:00 tot 21:00 by die Orania-sportterrein aangebied. Appel, Adam Tas, Jan Jan Jan, Juanita du Plessis en Demi Lee Moore tree onder andere op. Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 061-130-8436 vir meer inligting.
  • Die NG kerk Kimberley-Wes, op die hoek van Howie- en Finnisstraat, hou van 09:00 tot 13:00 basaar. Skakel 076-469-5642.
22 en 23 September (Sport)
  • Die Prieska-rolbalklub bied sy 30ste Tieroog Classic-rolbaltoernooi aan. Spanne word genooi om ’n viertal, in enige kombinasie, in te skryf. Stuur ’n e-pos na pskabowls@gmail.com vir meer inligting.
23 September
  • Die Acaciapark-oord vir bejaardes bied ‘n bier-en-braai-fees van 12:00 tot 19:00 by sy perseel by 47 Jacobsenlaan in Hadisonpark, Kimberley aan. Enigeen is welkom om ‘n draai te maak.
28 tot 30 September
  • Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.
  • The Kimberley Spring Beer Festival takes place in Kimberley. More details to come. Contact Sharon Steyn on 083-457-8148 for more information.
29 September
  • Jak de Priester tree by die TD kerk in New Park, Kimberley, op. Die vertoning begin om 19:00. Bel die kerkkantoor by 053-831-2345 of Stephen Quinn by 076-840-6942.
29 en 30 September
  • Die Vaalharts-pekanfees vind by die Magogong-skouterrein by Hartswater plaas. Gaskunstenaars Fatman en Appel tree onder andere op. Besoek die fees se Facebook-blad vir die feesprogram wat mettertyd publiseer sal word.
30 September
  • Jo Black tree om 18:00 by At The Fire-venue in Landbouweg, Kimberley, op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.
30 September (Sport)
  • As deel van die Kalahari-kuierfees in Upington word ’n halfmarathon (om 18:00), 10 km-wedloop (om 18:30) en 5 km-pretdraf (om 19:00) aangebied. Inskrywings sluit op 29 September en kan by upingtoncrusaders.co.za gedoen word.
  • The Arlington Athletics Club in Laingsburg presents the Karoo Ultra Marathon. It commences at 06:00 from the JJ Ellis Sport Grounds in Meiring Street. Distances of 12 km or 5 km can also be entered. Visit aswd.co.za for more information, or call Wilfred van Niekerk on 071-053-9682.
1 October (Sport)
  • As deel van die Kalahari-kuierfees in Upington word ’n 30 km- en 60 km-bergfietsrywedren aangebied. Inskrywings sluit 29 September om 20:00. Skryf in op upingtoncrusaders.co.za.
6 en 7 Oktober
  • Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
6 October (Sport)
  • A Golf Day, presented by the Northern Cape Chamber of Commerce (Nocci), takes place at the Kimberley Golf Club. Bookings can be done by sending an email to sharon@nocci.co.za
7 October (Sport)
  • The Battle of the Bikes event commences at 07:00 from Jacobsdal, and the route traverses on mainly gravelled road to Kimberley. Visit the Facebook page Oryx Endurance for more information.
7 October
  • The Gum Tree Market takes place from 09:00 tot 14:00 at the Gum Tree Lodge next to the R64 route outside Kimberley. Proceeds go to the Bophelo Child and Youth Centre. Dial 079-981-1240.
19 to 21 October
  • The first annual Northern Cape Orchestra Festival takes place in the Northern Cape Theatre in Kimberley. All musicians, from eight years of age, can register to take part in the categories primary school, high school and 18 years and above. Find more information on ncso.co.za
21 October (Sport)
  • The Upington Toyota Extreme off-road triathlon takes place at Oranjerus, Upington, and introduces a new category for kids six to 11 years old. Registration can be done online on upingtonextreme.co.za. Visit the Facebook page Upington Rotary Club for more information.
24 to 26 November (Sport)
  • CC Riders Kimberley presents its annual Big Hole Rally. Visit the club’s Facebook page for more information.
27 tot 29 Oktober
  • Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.
28 October
  • Kimberley Events present an October Fest from 13:30 at The Fire Venue in Kimberley, with a variety of artists on stage. Dial 083-350-3504 for more information.
4 November
  • Die NG kerk Hopetown bied sy Ankerfees aan, met talle stalletjies wat produkte uitstal, ‘n veiling, en meer. Skakel 082-653-5806 of 079-555-3174.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article