Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.

NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.

Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com – onthou om te laat weet in watter dorp dit plaasvind, en hoe laat dit begin.

Die mallemeule, deel van die pretpark van verlede jaar se Yonder Hartsfees. Foto: Helena Barnard
12 August (Sport)

The Windsorton 150 off-road race is presented, with the Dutch Reformed Church in Windsorton as the venue. Documentation is at 07:00. Enter in different categories, including a kiddies loop. Enter on racecontrol.co.za or dial 082-455-6604 or 082-447-3115.

The Sishen Rugby Club is celebrating its 70th year of existence at the club. Several rugby matches will be played throughout the day. Visit the club’s Facebook page for more information.

13 August

The Smiley’s Motorcycle Club in Kimberley presents a potjiekos competition from 10:00 at Gum Tree Lodge. Lots of prizes can be won. For more details, dial 076-644-9574 or 071-178-4358.

19 August (Sport)

The Kimberley SDG-MX off-road club presents the Womza Free State and Northern Cape Regional Motocross Championship before 8 Myl on the Griquastad Road, outside Kimberley. Dial 082-465-1407 or 079-872-9079 for more information.

26 Augustus

’n Funksie vir swanger vroue, asook ma’s van pasgebore babas, peuters en kleuters word om 10:00 by die AGS Huis van Restourasie in Constantia-rylaan, Kimberley, aangebied. ’n Verloskundige, borsvoedingspesialis en doula is die sprekers. Die funksie word aangebied om geld vir ‘n lyer aan meervoudige sklerose (MS) in te samel. Bel vir Amanda Loots by 082-229-3666 om te bespreek.

26 August (Sport)

Enter for the first edition of Ride2TheKaroo, presented by Oryx Endurance. This 100 miler ride commences at 06:00 from the Kalahari Lodge in Kimberley and finishes at the Klipkraal Guest Farm at Hopetown, which is the gate to the Karoo. Visit oryxendurance.co.za for more information.

PC Struwig Panel beaters and the Kimberley Road Runners present the PC Struwig Halfmarathon from the Bishops Old Boys Club. Enter for the halfmarathon, the 10 km event, or for the 4,6 km. Find more information on the Facebook page Kimberley Road Runners or dial 079-893-3402.

31 Augustus tot 3 September

Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees vir meer inligting, en hou ook die gedrukte NoordkaapBulletin dop vir advertensies en berigte oor dié derde fees van sy soort.

2 September

’n Potjiekoskompetisie, asook ’n boeremark en -sportdag, met vermaak vir kinders en musiek, vind by die Jacobsdal-gholfbaan plaas. Die verrigtinge begin om 08:00 en duur tot 17:00. Skakel 079-299-8535 of 066-004-1264.

Amore Bekker is die gasspreker by ’n geleentheid wat by die Jannie Brink-skool in Kimberley aangebied word. Haar tema is “Deel met die kaart wat aan jou gegee is”. Vir navrae skakel 084-706-8576.

6 September

A Wedding Expo, with fasion, food and wine – and Elvis Blue – is presented at 18:00 at the African Vineyard on Kanoneiland outside Upington. Dial 083-461-1724 for more information.

8 September

‘n Jeugaand met Nadine Blom vind vanaf 18:00 by die NG kerk Wes-gemeente in Upington plaas. Skakel 082-444-1492 vir meer inligting.

15 en 16 September

Milan Murray is die gasspreker by twee geleenthede wat deur die NG kerk Bakenskop in Kimberley aangebied word. Op Vrydag tree sy by die Laerskool Newton op, en praat oor “My story tribe” met leerlinge. Saterdag tree sy tydens die vrouetee op, en haar tema is dan “Laat jou onderrok uithang”. Kry meer inligting by die kerkkantoor.

16 September

Ter viering van die 30ste bestaansjaar van die Orania CVO-skool word die Orania gaan groot-musiekfees van 12:00 tot 21:00 by die Orania-sportterrein aangebied. Appel, Adam Tas, Jan Jan Jan, Juanita du Plessis en Demi Lee Moore tree onder andere op. Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 061-130-8436 vir meer inligting.

22 en 23 September (Sport)

Die Prieska-rolbalklub bied sy 30ste Tieroog Classic-rolbaltoernooi aan. Spanne word genooi om ’n viertal, in enige kombinasie, in te skryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Augustus. Stuur ’n e-pos na pskabowls@gmail.com vir meer inligting.

28 tot 30 September

Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.

The Kimberley Spring Beer Festival takes place in Kimberley. More details to come. Contact Sharon Steyn on 083-457-8148 for more information.

28 September to 8 October (Sport)

Entries are open until 31 August for the Kalahari Augrabies Extreme Marathon (KAEM), an extreme ultra-trail marathon of 250 km in the Augrabies National Park and surrounding areas. Visit kaem.co.za for more information.

29 September

Jak de Priester tree by die TD kerk in New Park, Kimberley, op. Die vertoning begin om 19:00. Bel die kerkkantoor by 053-831-2345 of Stephen Quinn by 076-840-6942.

29 en 30 September

Die Vaalharts-pekanfees vind by die Magogong-skouterrein by Hartswater plaas. Gaskunstenaars Fatman en Appel tree onder andere op. Besoek die fees se Facebook-blad vir die feesprogram wat mettertyd publiseer sal word.

30 September

Jo Black tree vanaf 18:00 by At The Fire-venue in Landbouweg, Kimberley, op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.

30 September (Sport)

As deel van die Kalahari Kuierfees in Upington word ’n halfmarathon (om 18:00), 10 km-wedloop (om 18:30) en 5 km-pretdraf (om 19:00) aangebied. Inskrywings sluit op 29 September en kan by upingtoncrusaders.co.za gedoen word.

1 October (Sport)

The first Kalahari Augrabies Extreme Marathon (KAEM) Ultra takes place at Augrabies. Entries for this supported five-day race of 160 km can be done until 31 August. Visit kaem.co.za for more information.

As deel van die Kalahari Kuierfees in Upington word ’n 30 km- en 60 km-bergfietsrywedren aangebied. Inskrywings sluit 29 September om 20:00. Skryf in op upingtoncrusaders.co.za.

6 en 7 Oktober

Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.

7 October (Sport)

The Battle of the Bikes event commences at 07:00 from Jacobsdal, and the route traverses on mainly gravelled road to Kimberley. Visit the Facebook page Oryx Endurance for more information.

21 October (Sport)

The Upington Toyota Extreme off-road triathlon takes place at Oranjerus, Upington, and introduces a new category for kids six to 11 years old. Registration can be done online on upingtonextreme.co.za. Visit the Facebook page Upington Rotary Club for more information.

27 tot 29 Oktober

Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article