Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.
NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.
Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com – onthou om te laat weet in watter dorp dit plaasvind, en hoe laat dit begin.
14 Julie
’n Orreluitvoering deur die 20-jarige Waldo Jones van Kimberley vind om 18:00 in die NG-kerk Harmonie in Kimberley plaas. Kaartjies is by Caritas-gemeenskapsfokus by Lawsonstraat 72 beskikbaar. Skakel 087-150-5041/3 vir meer inligting.
15 July
The Rugg-a-Market takes place from 10:00 to 15:00 at the Trim Park next to Oliver Road in Kimberley. Live music, fun events for kids, and plenty of stalls can be expected. Send a WhatsApp message to 084-886-7457 or 076-903-9500 for more information.
17 Julie
Martelize se boekrak bied ‘n skrywerswerksessie van 10:00 tot 15:00 by Huis Mercy & Grace te Lubbestraat 44A in Jacobsdal aan. Skakel 072-624-8327 om te bespreek.
17 tot 22 Julie
‘n Feesweek vind by Huis Mercy & Grace te Lubbestraat 44A in Jacobsdal plaas. Op Vrydag en Saterdag vind ’n entrepreneurs-, boere- en bakkiemark plaas, waar vars produkte gekoop en verkoop kan word. ‘n Vlieërkompetisie vir kinders vind ook plaas. Skakel 082-826-6914 vir meer inligting.
22 Julie
Dirk van der Westhuizen en Prop tree by die The Fire-venue in Kimberley op. Kaartjies kan aanlyn by kimberleyevents.co.za gekoop word.
28 en 29 Julie
Die AP-kerk in Endastraat, Hillcrest, Kimberley, hou basaar. Vrydag duur die basaar van 12:00 tot 19:00, en Saterdag van 09:00 tot 14:00.
29 Julie
Die NG kerk Harmonie in Kekewichrylaan 30 in Kimberley bied sy basaar aan. Kosstalletjies met ’n verskeidenheid produkte, asook pret vir die kinders is deel van die verrigtinge.
Kimberley Markets occurs at the Big Hole Kimberley from 10:00 to 15:00. Dial 082-309-9056 for more information and to book a stall.
2 Augustus
‘n Vliegduifveiling, aangebied deur die Noord-Kaap Posduiffederasie, vind vanaf 18:00 by die Markgraaff-saal van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas. Bel vir Janco Steenkamp by 081-242-2005 of Danie van der Merwe by 083-284-2807 vir meer inligting.
4 en 5 Augustus
Die NG-kerk Bakenskop in Rhodeslaan 29A in Carters Glen, Kimberley, bied sy basaar aan. Op Vrydag begin verrigtinge om 15:00, en op Saterdag om 09:00.
5 August
The Gumtree Market for charity takes place from 09:00 to 14:00 at Gum Tree Lodge next to Hull Street in Kimberley, in the direction of Boshof. Funds raised are for the benefit of the Bophelo Child and Youth Centre. Bingo is played at 11:00. Dial 079-981-1240.
Gerhard Steyn tree op by The Fire-restaurant in Landbouweg, Kimberley. Hekke open om 18:00 en tafels of enkelkaartjies is beskikbaar. Skakel 083-350-3504.
7 Augustus
Die Algemene jaarvergadering van die ACVV Kuruman-tak vind om 14:00 in die saal van die Heuwelsig-aftreeoord plaas. Alle donateurs en belanghebbendes word uitgenooi om die vergadering by te woon. Vir enige navrae skakel 053-712-1862.
9 August
Join the Equestrian Centre Kimberley in celebrating Women’s Month. Events take place from 09:00 to 15:00 at the centre. Dial 082-309-7885 for more information.
Die laerskool in Jacobsdal bied ‘n familiepretdag van 10:00 tot 15:00 by Bella Cardi buite Kimberley aan.
13 August
The Smiley’s Motorcycle Club in Kimberley presents a potjiekos competition from 10:00 at Gum Tree Lodge. Lots of prizes can be won. For more details, dial 076-644-9574 or 071-178-4358.
31 Augustus tot 3 September
Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.
2 September
‘n Potjiekoskompetisie, asook ‘n boeremark en -sportdag, met vermaak vir kinders en musiek, vind by die Jacobsdal-gholfbaan plaas. Die verrigtinge begin om 08:00 en duur tot 17:00. Skakel 079-299-8535 of 066-004-1264.
Amore Bekker is die gasspreker by ‘n geleentheid wat by die Jannie Brink-skool in Kimberley aangebied word. Haar tema is “Deel met die kaart wat aan jou gegee is”. Vir navrae skakel 084-706-8576.
28 tot 30 September
Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.
The Kimberley Spring Beer Festival takes place in Kimberley. More detail to follow. Contact Sharon Steyn on 083-457-8148 for more information.
29 September
Jak de Priester tree by die TD-kerk in New Park, Kimberley, op. Die vertoning begin om 19:00. Bel die kerkkantoor by 053-831-2345 of Stephen Quinn by 076-840-6942.
29 en 30 September
Die Vaalharts-pekanfees vind by die Magogong-skouterrein by Hartswater plaas. Gaskunstenaars Fatman en Appel tree onder andere op. Besoek die fees se Facebook-blad vir die feesprogram wat mettertyd publiseer sal word.
30 September
Jo Black tree vanaf 18:00 by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.
6 en 7 Oktober
Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
27 tot 29 Oktober
Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.





