Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.
NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.
Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com – onthou om te laat weet in watter dorp dit plaasvind, en hoe laat dit begin.
30 Junie en 1 Julie
GWK Handel Kimberley bied ‘n markdag ten bate van die Kimberley DBV aan wat voortdurend dierekos, komberse en kontant nodig het om na die diere in hul bewaring om te sien.
1 Julie
Die Volle Evangeliekerk van God, in die hoofstraat van Keimoes, bied sy basaar aan. Eetgoed is te koop, en vermaak vir die kinders beskikbaar.
Die Stillerweë-aftreeoord vir bejaardes in Kimberley bied vanaf 09:30 basaar aan. Vir enige skenkings, skakel 072-433-7775.
The Gumtree Market, for the benefit of the Christina Kiddie Children’s Home, takes place from 09:00 to 14:00 at the Gumtree Lodge next to Hull Street, direction Boshof. Send a WhatsApp to 079-981-1240 for enquiries and stall reservations.
4 en 11 Julie
Bring ‘n ou denim en kom maak ‘n dra- of handsak by die werkswinkel vanaf 09:00 tot 13:00 by Huis Mercy & Grace te 44A Lubbestraat in Jacobsdal. Skakel 074-530-7889 of besoek mercygrace.co.za vir meer inligting.
5 July
A talk by author and historian Steve Lunderstedt with the theme, Kimberley 150 Years Ago, is presented in the oldest existing church in the Diamond City situated in the old town village at the Big Hole Kimberley. A presentation takes place at 10:00 and at 16:00. Tickets cost R30 per person and can be purchased at the Big Hole’s cash desk.
7 en 8 Julie
Wees deel van die musiekfees by die Sivos-rugbyveld, asook die RPU-gholfdag in Kathu. Sangers soos Dodo Nyoka, Loufi, Jan Rhaap, en vele ander, tree op. Bel vir André Schoeman by 082-319-5906 of Monique van der Merwe by 060-508-8838.
8 Julie
Die Askham-boeresport-geleentheid vind plaas. ’n Verskeidenheid produkte word by talle stalletjies verkoop, en Willem van der Ryst gaan onder andere optree. Besoek die Facebook-blad Askham Boeresport.
Die Hoërskool Vaalrivier in Barkly-Wes bied ‘n markdag op die skoolterrein aan. Toegang is R10 per persoon, en talle stalletjies sal hul produkte verkoop.
15 July
The Rugg a Market takes place from 10:00 to 15:00 at the Trim Park next to Oliver Road in Kimberley. Live music, fun events for kids, and plenty of stalls can be expected. Send a WhatsApp to 084-886-7457 or 076-903-9500 for more information.
17 Julie
Martelize se boekrak bied ‘n skrywerswerkwinkel van 10:00 tot 15:00 by Huis Mercy & Grace te 44A Lubbestraat in Jacobsdal aan. Skakel 072-624-8327 om te bespreek.
17 tot 22 Julie
‘n Feesweek vind by Huis Mercy & Grace te 44A Lubbestraat in Jacobsdal plaas. Op Vrydag en Saterdag vind ‘n entrepreneurs-, boere- en bakkiemark plaas waar vars produkte gekoop en verkoop kan word. ‘n Vlieërkompetisie vir kinders vind ook plaas. Skakel 082-826-6914 vir meer inligting.
22 Julie
Dirk van der Westhuizen en Prop tree by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies kan aanlyn by kimberleyevents.co.za gekoop word.
29 Julie
Die NG kerk Harmonie in Kekewichrylaan 30 in Kimberley bied sy basaar aan. Kosstalletjies met ‘n verskeidenheid produkte, asook pret vir die kinders is deel van die verrigtinge.
Kimberley Markets take place at the Big Hole Kimberley from 10:00 to 15:00. Dial 082-309-9056 for more information and to book a stall.
2 Augustus
‘n Vliegduifveiling, aangebied deur die Noord-Kaap Posduiffederasie, vind vanaf 18:00 by die Markgraaff-saal van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas. Bel vir Janco Steenkamp by 081-242-2005 of Danie van der Merwe by 083-284-2807 vir meer inligting.
4 en 5 Augustus
Die NG kerk Bakenskop in 29A Rhodeslaan in Carters Glen, Kimberley, bied sy basaar aan. Op Vrydag begin verrigtinge om 15:00, en op Saterdag om 09:00.
31 Augustus tot 3 September
Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.
2 September
‘n Potjiekoskompetisie, asook ‘n boeremark en -sportdag, met vermaak vir kinders en musiek, vind by die Jacobsdal-gholfbaan plaas. Die verrigtinge begin om 08:00 en duur tot 17:00. Skakel 079-299-8535 of 066-004-1264.
28 tot 30 September
Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.
29 en 30 September
Die Vaalharts-pekanfees vind by die Magogong-skouterrein by Hartswater plaas. Gaskunstenaars Fatman en Appel tree onder andere op. Besoek die fees se Facebook-blad vir die feesprogram wat mettertyd publiseer sal word.
30 September
Jo Black tree vanaf 18:00 by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.
6 en 7 Oktober
Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
27 tot 29 Oktober
Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.





