Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.
NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.
Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com
23 June
A Sip and Paint event takes place at the Big Hole premises in Kimberley from 17:30 to 19:00. All paint and brushes are included. Book your space by calling Marais Tesner on 082-309-7885.
23 en 24 Junie
Francois van Coke tree by Burgersbos in Kathu op. Hekke maak om 16:00 oop. Bespreek kaartjies aanlyn by feesbustravelconsultants.co.za of skakel 071-362-9127 of 072-446-5644.
Die Victoria-Wes-wildsfees en -duiwewedvlug vind op die skouterrein plaas. Besoek die Facebook-blad Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn vir meer inligting.
24 Junie
Die Philipstown-interskou vind op die plaas Vrede by die dorp plaas. Theo Venter tree as spreker op, met Bok van Blerk as kunstenaar. Ram-uitstallings, ooi-kompetisies, wynproeë en ’n program vir vroue word onder meer aangebied. Kampeerplek is beskikbaar. Skakel 082-481-6985 of 083-651-1082.
Kimberley Markets takes place at the Big Hole from 10:00 to 15:00. Plenty of stalls will sell their products. Entrance to the historical town and market is free. Dial 082-309-9056 or 082-309-7885.
26 tot 30 Junie
‘n Kinderfees, in die vorm van ‘n vakansie-Bybelskool, word op hierdie dae van 07:30 tot 13:00 deur die Kerk van die Nasarener, op die hoek van Kowie- en Maricostraat in Riviera, Kimberley, aangebied. Dit is vir vier- tot 13-jariges geskik, en word vir die 25ste jaar aangebied. Die koste is R100 per kind vir die hele week, etes en verversings ingesluit. Bel vir Annelie Bothma by 082-908-8957.
30 June
A Dine in the Dark event, presented by the Northern Cape Society for the Blind as a fundraiser, takes place from 18:00 at the Wesley Methodist Church at 4 Howie Road in Kimberley. Enjoy a three-course meal in complete darkness. Dial 084-375-3521 or 082-500-8538 to book a place.
30 Junie en 1 Julie
GWK Handel Kimberley bied ‘n markdag ten bate van die Kimberley DBV aan wat voortdurend dierekos, komberse en kontant nodig het om na die diere in hul bewaring om te sien. Die stalletjies kos R100 per dag. Bel vir Elsie Bekker of Zelda-Marie Hanekom by 053-831-2740 om ‘n stalletjie te bespreek.
1 Julie
Die Volle Evangeliekerk van God, in die hoofstraat van Keimoes, bied sy basaar aan. Eetgoed is te koop, en vermaak vir die kinders beskikbaar.
Die Stillerweë-aftreeoord vir bejaardes in Kimberley bied vanaf 09:30 basaar aan. Vir enige skenkings, skakel 072-433-7775.
The Gumtree Market, for the benefit of the Christina Kiddie Children’s Home, takes place from 09:00 to 14:00 at the Gumtree Lodge next to Hull Street, direction Boshof. Send a WhatsApp to 079-981-1240 for enquiries and stall reservations.
8 Julie
Die Askham-boeresport-geleentheid vind plaas. ’n Verskeidenheid produkte word by talle stalletjies verkoop, en Willem van der Ryst gaan onder andere optree. Besoek die Facebook-blad Askham Boeresport.
15 July
The Rugg a Market takes place from 10:00 to 15:00 at the Trim Park next to Oliver Road in Kimberley. Live music, fun events for kids, and plenty of stalls can be expected. Send a WhatsApp to 084-886-7457 or 076-903-9500 for more information.
22 Julie
Dirk van der Westhuizen en Prop tree by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies kan aanlyn by kimberleyevents.co.za gekoop word.
2 Augustus
‘n Vliegduifveiling, aangebied deur die Noord-Kaap Posduiffederasie, vind vanaf 18:00 by die Markgraaff-saal van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas. Bel vir Janco Steenkamp by 081-242-2005 of Danie van der Merwe by 083-284-2807 vir meer inligting.
4 en 5 Augustus
Die NG kerk Bakenskop in 29A Rhodeslaan in Carters Glen, Kimberley, bied sy basaar aan. Op Vrydag begin verrigtinge om 15:00, en op Saterdag om 09:00.
31 Augustus tot 3 September
Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.
28 tot 30 September
Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.
30 September
Jo Black tree vanaf 18:00 by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.
6 en 7 Oktober
Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
27 tot 29 Oktober
Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.





