Die mallemeule was deel van die pretpark van verlede jaar se Yonder Hartsfees. Waarom nie ook jou geleentheid in die dagboek bekend maak nie? Foto: Helena Barnard


Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.

NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid kanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.

Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com

26 May

The Herlear Primary School in Kimberley hosts a bingo night fundraiser from 18:00 at the school hall. Cash prizes can be won. The tuck shop will be open and refreshment will be for sale.

A Sip and Paint event takes place from 18:00 to 19:30 at the Big Hole, Kimberley. Find out more and book tickets by sending a WhatsApp message to 082-309-7885.

A Big Hole Ghost Tour takes place at the Big Hole in Kimberley from 19:30. Find out more and book a place by sending a WhatsApp message to 082-309-7885.

27 May

Die teaterproduksie, Trou is nie perdekoop nie, met David Louw en Christel van den Bergh is om 19:00 by The Fire restaurant in Kimberley te sien. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar. Skakel 083-350-3504 vir meer inligting.

Kimberley Markets present its monthly market at the Big Hole in Kimberley. Buy a Father’s Day gift at the market. Dial 082-309-9056 or 082-309-7885.

Die Pikkiepret-kleuterskool in Hartswater bied ‘n boeresportdag en neon-pretloop by die gholfklub aan. Dit begin om 13:00 en eetgoed kan by kosstalletjies gekoop word. Pensioentrekkers kry gratis toegang

2 en 3 Junie

Die APK Kimberley, Die Kruis-gemeente, hou basaar. Besoek die gemeente se Facebook-blad vir meer inligting.

3 Junie

Die gemeente van die NG kerk Ritchie bied sy basaar van 09:00 af op die kerkterrein aan. Ritchie is ongeveer 40 km vanaf Kimberley.

Die Gereformeerde kerk in Schröderstraat in Upington bied vanaf 09:00 tot 13:00 ‘n verkoping van basaargeregte aan.

8 Junie

‘n Vroueoggend, met Cindy Swanepoel as gasspreker, vind vanaf 09:00 by die La Di Da Lodge langs die N8 net buite Kimberley plaas. Swanepoel is bekend as dr. Annelize Roux in Binnelanders. Die geleentheid word deur die RPO Noord-Kaap aangebied. Kaartjies is by NTLO, die lodge en RPO se kantoor beskikbaar, of skakel 076-424-2791.

10 Junie

Appel tree by Oude Pont, Wynand Human-stoor, by Douglas op. Die vertoning begin om 19:00. ‘n Ete is ingesluit. Kaartjies is by die Hoërskool Douglas se finansiële kantoor beskikbaar, of bel Liezel Bruwer by 079-510-5723.

Die Kameeldoring-karnaval van die Nederduits Hervormde Kerk in Kathu vind vanaf 10:00 in Kokerboomstraat plaas.

16 Junie

The Gum Tree Lodge Market for charity takes place from 09:00 to 14:00 at Gum Tree Lodge next to the R64 in Kimberley. Funds raised will be donated to the Sally Aucamp Home for adults with physically disabilities. Send a WhatsApp message to 079-981-1240 with enquiries.

21 Junie

Bok van Blerk tree om 19:00 by The Fire-restaurant in Kimberley op. Die optrede is ten bate van Destiny House, ‘n plek van veiligheid vir babas en kleuters. Kaartjies is by iTickets beskikbaar, of skakel 083-445-6025.

22 en 23 Junie

Francois van Coke tree by Burgersbos in Kathu op. Hekke maak om 16:00 oop. Bespreek kaartjies aanlyn by feesbustravelconsultants.co.za of skakel 071-362-9127 of 072-446-5644.

23 en 24 Junie

Die Victoria-Wes-wildsfees en -duiwewedvlug vind op die skouterrein plaas. Besoek die Facebook-blad Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn vir meer inligting.

24 Junie

Die Philipstown-interskou vind op die plaas Vrede by die dorp plaas. Theo Venter tree as spreker op, met Bok van Blerk as kunstenaar. Ram-uitstallings, ooi-kompetisies, wynproeë en ‘n program vir vroue word onder meer aangebied. Kampeerplek is beskikbaar. Skakel 082-481-6985 of 083-651-1082.

1 Julie

Die Volle Evangeliekerk van God, in die hoofstraat van Keimoes, bied sy basaar aan. Eetgoed is te koop, en vermaak vir die kinders beskikbaar.

8 Julie

Die Askham-boeresport-geleentheid vind plaas. ‘n Verskeidenheid produkte word by talle stalletjies verkoop, en Willem van der Ryst gaan onder andere optree. Besoek die Facebook-blad Askham Boeresport.

22 Julie

Dirk van der Westhuizen en Prop tree by die Flamingo Casino by Kimberley op. Kaartjies kan aanlyn by kimberleyevents.co.za gekoop word.

31 Augustus tot 3 September

Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.

28 tot 30 September

Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.

6 en 7 Oktober

Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.

27 tot 29 Oktober

Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article