3 Junie

’n Aandmark word van 18:00 tot 22:00 deur die Olyvenhouts­drift-Voortrekker­kommando op sy terrein in Bultstraat, Upington, aangebied. ’n Kinderfliek word gratis vertoon. Belangstellendes kan die kommando se Facebook-blad vir meer inligting besoek.

3 en 4 Junie

Die NG kerk Newton in Kimberley hou Vrydag van 12:00 af en Saterdag tot 15:00 basaar. ’n Veteraan- en “street rod”-motorskou vind ook plaas.

4 Junie

Die NG kerk Olifantshoek hou om 09:00 basaar op die kerkterrein. ’n Verskeidenheid basaar-gunstelinge is te koop.

24-28 Augustus

Die Yonder Hartsfees in Kimberley word vir dié tydperk beplan. Meer inligting rakende die fees sal binnekort bekend gemaak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article