Die Veterane-bystandfonds bedryf ’n veldtog om veterane wat nasionale diensplig gedoen het te bereik.
Dié fonds reik na veterane oor die land heen uit, en bied geleenthede aan waartydens gratis maaltye, musiek, geskenksakkies en inkopie-geskenkbewyse eksklusief aan die betrokke veterane gebied word.
Nasionalediensplig-veterane in en om Upington word genooi na so ’n geleentheid op Donderdag 18 Januarie in Upington.
Nasionalediensplig-veterane is skoolverlaters wat destyds deur die wet verplig is om nasionale diensplig te verrig.
Deur hul identiteit- en Sassa-kaart saam te bring, kan hulle ’n gratis inkopie-geskenkbewys van R500 ontvang.
Nasionalediensplig-veterane wat nie Sassa-pensioentrekkers is nie, word ook genooi om die geleenthede by te woon.
Om plek op een van die twee gratis geleenthede te bespreek, SMS die woord “Upington”, met die veteraan se naam, na 31429.
Die Veterane-bystandfonds is nie ’n militêre organisasie, klub of vereniging nie; het geen lede nie; hef nie lidmaatskapfooie nie en bied geen lidmaatskapvoordele aan nie.
Die fonds is ook nie geaffilieer aan enige militêre organisasie of die regering nie; en is totaal afhanklik van skenkings om noodverligting aan nasionale diensplig-veterane bied.
Die fonds is in Oktober 2019 gestig en kon reeds binne die eerste tien maande tot verblyf en maaltye vir 69 veterane in nood bydra.
Vir meer inligting, besoek veteranebystandfonds.co.za of skakel 064-705-2262 gedurende kantoorure, of stuur ’n SMS na 31429.





