Knievervangingsoperasies, met behulp van ’n robot, word nou by Mediclinic Gariep in Kimberley uitgevoer. Die Rosa-robot verseker dat elke prostese 100% akkuraat vir elke pasiënt se knie gemaak word. Die drie ortopede by dié hospitaal beaam die voordele wat dit vir pasiënte inhou, soos dat hulle vinniger herstel en ’n groter mate van buigsaamheid in die knie ervaar wat hul toetrede tot normale aktiwiteite versnel. Die rol van die robot is om akkurate data en leiding aan die chirurg tydens die operasie te verskaf. Die chirurg bly in beheer terwyl die arm van die robot slegs op instruksie beweeg. By Rosa is die drie ortopede, drs Gerhard Conradie, Kobus van Niekerk en Jannie Oosthuizen.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article