Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat daar vandeesweek ’n hoë brandgevaar in die Noord-Kaap en Vrystaat is, en het die streek vir die tydperk tot ’n “rooi gebied” verklaar.

Johann Breytenbach, bestuurder van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermings­vereniging, sê as voorsorgmaatreël is Werk met Vuur se spanne op hoë gereedheid geplaas.

“Ons vra ook grondeienaars om toerusting gereed te hê en te keer dat hul weiveld afbrand. Hulle moet brandbane op hul plase maak.”

Hy sê om brande te voorkom, is almal se verantwoordelikheid, nie net boere s’n nie. Jaarliks word honderdduisende hektare se weidingsveld deur brande vernietig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article