Die 2024-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000 is onlangs ná ’n gelukkige trekking aangewys. Natalie Williams, ’n Engelssprekende persoon van Durbanville, is die ontvanger van die prys. Sy het die woord “fopspeen” vir R100 geborg. Almal wat woorde borg of koop, kom in aanmerking vir die jaarlikse prys. Die trekking is deur die WAT-direksievoorsitter prof. Hester Klopper (regs) en dr. Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, behartig. Indien jy ’n woord wil borg of koop, besoek wat.co.za en klik op Borg ’n Woord.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article