’n Sakeman en boer van die Noord-Kaap is op 25 September op die lughawe in Istanbul, Turkye, aan ’n hartaanval dood skaars ’n halfuur voor sy vlug terug na Suid-Afrika.

Johan Venter (66) was saam met sy vrou, Annaleen, haar tweelingsuster, Marleen, en haar man, Jannie Lambrecht, op ’n bootreis langs die kus van Griekeland om die susters se verjaardag te vier.

Johan Venter

Sy dogter, Elske van Aswegen, sê die egpaar was 41 jaar getroud en het benewens haar nog ’n dogter, Janike Carstens.

Sy sê vir haar pa was sy familie alles, en hy het ander altyd eerste gestel en gehelp waar hy kon.

Venter het ’n pekanneutplaas in Hartswater gehad, asook twee beesplase in die Kimberley-omgewing. Hy was die eienaar van The Venue in Hartswater, asook hoof van Cartrack in die Noord-Kaap en Ultimate Africa Hunting Safaris in Kimberley, en lid van die bestuur van die Kimberley Club-hotel.

Hy en Annaleen het ’n jaar gelede na Magersfontein verhuis.

Venter word oorleef deur sy vrou en dogters, sy twee skoonseuns, Deon van Aswegen en Stephan Carstens, en vyf kleinkinders, asook ’n broer, Andrew Venter, en suster, Chris­tine Pretorius.

Linkie Bessinger

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article