Hoe om jou boerdery by veranderende weersomstandighede aan te pas en klimaatslim te boer, is die tema van ‘n boeredag wat eersdaags plaasvind. Foto ter illustrasie.

Foto: Unsplash/Nikolaos Anastasopoulos

Hoe om klimaatslim te boer en ’n boerdery by veranderende klimaatsomstandighede aan te pas, is die tema van ’n boeredag wat eersdaags in die Prieska-omgewing aangebied word.

Piet Roux, ’n boer in dié omgewing, is vanjaar aangewys as die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur vir 2023 en die geleentheid word op Donderdag 26 Oktober in samewerking met Veeplaas op die plaas Biega tussen Prieska en Britstown aangebied word.

Hoe om jou boerdery by veranderende weersomstandighede aan te pas en klimaatslim te boer, is die tema van ‘n boeredag wat eersdaags plaasvind. Foto ter illustrasie.

Talle sprekers sal tydens dié geleentheid, wat gratis aangebied word, optree.

Dr. Louis du Pisanie, weidingkundige en een van die sprekers, gaan gesels oor die boer se verantwoordelikheid om klimaatslim te boer ten einde sy boerdery volhoubaar te hou.

Roux gaan vertel wat hy doen om klimaatslim te boer.

Du Pisanie en Roux gaan ook saam met ander klimaatslimboere, James Faber van Barkly-Wes en Willie Storm van Olifantshoek, ’n paneelbespreking hou en strategieë bespreek oor hoe om ’n plaas by veranderende klimaatsomstandighede te laat aanpas.

Ander sprekers is Daneel Rossouw van Nedbank wat boere gaan inlig oor finansieringsprodukte vir bosbeheer, en BG Badenhorst van Zoetis gaan oor suurpensbeheer by skape tydens droogte gesels.

’n Organiseerder van die geleentheid sê dat boere waardevolle inligting tydens dié geleentheid sal ontvang, en veral ook met ’n moontlike volgende droogte wat op pad is.

  • Alle boere word uitgenooi om dié gratis geleentheid by te woon. Dit sluit ’n ete in wat omstreeks 13:30 bedien sal word.
  • Bespreek betyds jou plek.
  • Bel Deidre Louw by 066-231-2430 of Koos du Pisanie by 083-457-8145.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article