Die personeel van die onderskeie biblioteke in Kimberley doen voorraadopname.
Tydens so ’n opname is die betrokke biblioteek gesluit.
Lede van die publiek kan in daardie tyd egter van enige van die ander biblioteke in die stad gebruik maak, bevestig Manda Hough, bestuurder van die Kimberley-biblioteekdienste.
Die onderskeie biblioteke sal vir die volgende tydperk gesluit wees:
- Beaconsfield:
31 Oktober tot 12 November;
- Greenpoint:
7 en 8 November;
- Sonny Leon:
7 tot 19 November;
- Hadison Park:
8 tot 10 November;
- Ubuntu:
14 en 15 November;
- die hoofbiblioteek tussen Chapel- en Sydneystraat:
14 November tot 3 Desember;
- Judy Scott:
16 tot 29 November;
- Africana:
23 tot 25 November; en
- Galeshewe:
28 November tot 10 Desember.



