Die Kalahari-tutorsentrum by Askham bied sy 13de jaarlikse jagkompetisie aan om geld in te samel.
Dié sentrum, wat in 2007 gestig is, het 30 leerlinge. Dit ontvang geen staatsbefondsing nie.
’n Verskeidenheid pryse, belonings deur middel van gelukstrekkings en ’n bonusprys is op die spel. Pryse moet voor 31 Augustus opgeëis word, en die wenners van die jagpakkette moet self met die onderskeie plaaseienaars oor jagdatums onderhandel.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 12 Mei, en die trekking deur onafhanklike ouditeurs word op 18 Mei gedoen. Die wenners sal op dié dag op die sentrum se Facebook-blad bekend gemaak word.
Om navrae te rig en inligting te verkry oor hoe om kaartjies teen R100 te koop, skakel 071-885-9374 of besoek die Facebook-blad Kalahari Tutor Sentrum – Askham.




