Die Apollo-teater in Victoria-Wes in die Noord-Kaap is steeds in gebruik. Dit is bekend as ’n laaste voorbeeld van ’n oorspronklike Art Deco-teater in die land. Dié teater is in 2023 te danke aan die Lottoland help ’n dorp-werklikheidsprogram opgeknap. Uitvoerings, filmvertonings en uitstallings vind gereeld hier plaas. Van 29 Julie tot 10 Augustus word ’n kuns- en foto-uitstalling by die teater aangebied. Stef Kruger tree as gaskunstenaar by die openingsgeleentheid op 29 Julie op. Bel Roché Speak by 067-062-9278 of skryf aan hanlie.apollo@gmail.com vir meer inligting.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article