Die 16de produksieveiling van die Molopo Ile de France-groep op 11 Junie by die Boereplaas-vakansie-oord by Vryburg is suksesvol afgehandel.
Die duurste ram, van Bossie Clarke van Stanford, is vir R28 000 aan ’n koper van Schweizer-Reneke verkoop.
Die duurste ooi, van Willie Oosthuizen van Vryburg, is vir R30 000 aan Johan Roarthy van Kinross, Mpumalanga, verkoop.
Stoetramme het vir ’n gemiddeld van R12 750 verkoop; stoet-ooie en lammers vir ’n gemiddeld van R10 111,11; en dragtige ooie vir ’n gemiddeld van R8 846,15.
Die gemiddelde prys van die kommersiële diere was R3 600; vir dragtige ooie R4 655,44; en ooie met lammers R4 545,45.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France-groep geluk met hul veiling. Theuns Visser was die afslaer.





