Elsa Holdsworth

Foto: Helena Baranrd

Die kunsklasse wat Elsa Holdsworth van Kimberley aanbied, is veel meer as net ’n handeling met ’n verfkwas.

In Holdsworth se klasse leer haar studente – meestal volwasse vroue –om hulself beter te leer ken.

“Ons beleef baie humor tydens die klasse, en ek leer my studente om kritiek te hanteer,” sê Holdsworth, wat al 38 jaar kuns- en houtkerf­klasse in Kimberley aanbied.

Sy glo ’n mens is nooit te oud om kunsklasse te begin neem nie; en dat elkeen wat wil, kan leer om te teken of skilder. Die oudste student wat sy al gehad het, was 85.

Boonop glo sy aan die helende invloed van enige kunsvorm.

“Alles wat skeppend is, is genesend,” meen Holdsworth.

Sy vertel van talle studente wat met die een of ander saak geworstel het. Namate hul kunswerke gevorder en hul talent ontwikkel het, het die worsteling minder, of meer hanteerbaar, geword.

Vanweë die helende invloed van die beoefening van kuns; die atmosfeer geskep deur kleurryke kunswerke aan die mure; rakke met botteltjies verf en houers vol verfkwaste; strelende musiek in die agtergrond; en ’n gemoedelike atmosfeer tussen die studente, word gemoedere gelig.

Holdsworth se studente begin hul klasse met die verf van ’n onderwerp wat hulle self gekies het.

“Verf dit waarvan jy hou,” is haar raad, en dan help sy die student stap vir stap deur die proses.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article