Die polisie sê wetteloosheid nie gedurende die protesaksie in Kimberley geduld word nie.

Christiaan Cloete

Die polisie sê hulle is slaggereed vir die
protesaksie wat vir Donderdag (26 Julie 2018) in Kimberley beplan word.

Die polisie se provinsiale kommissaris in die
Noord-Kaap, lt. genl. Risimati Shivuri, het in ’n verklaring gesê dat daar “hoë
polisiesigbaarheid” in die Diamantstad sal wees en dat die polisie ’n “multidissiplinêre
benadering” sal volg.

 

Hy het gewaarsku dat daar “zero
verdraagsaamheid”” sal wees teenoor diegene wat private- of staatseiendom
beskadig gedurende die protesaksie en het gesê die wetteloosheid nie geduld sal
word nie.

 

Volgens Shivuri
sal die polisie nie toelaat dat eiendom beskadig word of paaie afgesper word
nie.

 

Hy het ’n beroep
op mense wat aan die protesoptog sal deelneem gevra om nie af te wyk van die
beplande roete nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article