Loskopstut PG Human stel sy goeie skrumwerk ten toon. Inlas: PG Human saam met Riaan Kotzé, hoof van die Hoërskool Upington. Foto: Verskaf


PG Human

Loskopstut PG Human stel sy goeie skrumwerk ten toon. Inlas: PG Human saam met Riaan Kotzé, hoof van die Hoërskool Upington. Foto: Verskaf

Vir die Hoërskool Upington (Uppies) se kragtige loskopstut, PG Human, is 2020 ’n baie moeilike jaar vir sy rugbyloopbaan.

Dié eerstespankaptein van die voorspelers sê hy voel bitter sleg oor die groot impak wat die Covid-19-pandemie op skolesport het.

“Dit is vir my hartseer om elke dag verby die rugbyveld te stap en nie my tokse aan te trek nie. Ek mis die sweet en bloed van oefeninge. Ek verlang veral na die eergevoel om in die oranje trui op die rugbyveld te draf.”

Human sê hy het baie uitgesien na sy matriekjaar.

“Dit is teleurstellend om te dink hoe die wedstryde, toere en ligas waarna ek uitgesien het, gekanselleer is.

Hy het daarna uitgesien om saam met sy rugbybroers op die veld te draf, hul teenstanders vierkantig in die oë te kyk en te wys Uppies is slaggereed vir die stryd,” sê Human.

PG Human met Riaan Kotzé, hoof van die Hoërskool Upington. Foto: Verskaf

Verlede jaar was Human deel van die SA Rhino-span wat in die Verenigde Koninkryk gaan toer het.

Hulle het Skotland, Wallis en Engeland besoek en daar teen verskillende spanne rugby gespeel.

Hy was die enigste speler van Upington op die toer.

Tydens Hoërskool Upington se prysuitdeling in 2018 het Human die Nico Steenkamp-beker vir beste vordering as voorspeler ontvang.

In 2018 is hy as die beste o.17-rugbyspeler van die GWK-rugbyweek aangewys.

Hy het dieselfde jaar aan die Rhino-week deelgeneem en is tot o.17-spankaptein verkies.

Human sê vanjaar gaan hy net op sy akademie fokus en sy bes probeer om sy matriekjaar in die grendeltyd te geniet.

Hy het besluit om ná matriek by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aan te sluit en sy rugbyloopbaan daar voort te sit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article