Oudste is lief daarvoor om presies te weet wat die volgende dae, maand of jaar gaan gebeur. Só het hy al in Januarie die slapies tot sy verjaardag, wat in Maart is, begin aftel.

Op Aswoensdag, terwyl Pappa die aand ’n gebedsdiens in die kerk lei, maak Mamma die fout om aan hom te probeer verduidelik hoekom ons dié dag, wat die lydenstyd inlui, vier.

Opgewonde roep Oudste uit: “I can’t wait to find the golden egg!”

Hy gee ook sommer instruksies oor waar die Paaseiers weggesteek moet word. Nie dat Mamma enigiets van “eiers” genoem het nie. “Easter” was genoeg om hom op hol te laat gaan met dié gety.

Teen slaaptyd, en ’n paar dreigemente later, verwater sy geesdrif toe hy oor die volgende dag se doen en late uitvra.

Die volgende oggend kondig Pappa aan ’n besige dag wag op hom.

“You always work,” kla Oudste verontwaardig.

“Pappa is die een wat die geld verdien en die kos koop,” probeer Mamma hom kortknip.

“So, Daddy works for money?” sê-vra Oudste half geskok. Mamma hoor die vraagteken in sy stem en antwoord “ja”.

“So the more Daddy works and works, the more and more money we’ll get?,” vra hy asof dit ’n logiese afleiding is.

“No, it’s called a salary,” antwoord Pappa.

“I do chores and I don’t even get those.”

Mamma probeer die onderwerp verander en vra Ouboet wat hy môre wil doen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article