In ons saamdink oor daaglikse dinge is dit nie die eerste keer dat ons in dié rubriek oor tyd nadink nie.

Met die lees van hierdie Twyfelhoekie sal dit 11 jaar wees sedert ons die eerste keer iets uit die leefwêreld van mense gedeel het.

In hierdie 11 jaar kon ons so baie deel oor liefde en genade, oor keuses en besluite, oor vrae en beproewings, oor seëninge.

Wat ’n mens elke keer besef, is hoe kosbaar tyd is.

Tyd staan nie stil nie.

As daar een ding is wat ons almal gelyk maak, is dit die feit dat ons nie die dae van ons lewe ken nie.

Ons weet nie hoeveel tyd ons het nie.

Ons weet nie wanneer ons uurglas gaan leegloop nie.

Daarom is dit nodig om mekaar gereeld te herinner dat ons almal met geleende tyd werk.

Ons moet in alle nederigheid ons roeping luiteef, ons tyd gebruik en doen wat ons hand vind om te doen terwyl ons die geleentheid het.

Dankie vir groeityd deur Twyfelhoekies elke week.

Mag daar nog baie gedeelde tye wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article