Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos, deur Troula Goosen


boek

bottelnek breek bek, deur Dianna Du Toit Albertze

bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze van Springbok 

Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. 

Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Verlies dryf Dora na die verkeerde kant van die stad, maar die witpyp bring slegs tydelik verligting. 

Eindelik word sy deur ma Helen by die huis in Woodstock uitgesmyt, en het sy geen keuse nie as om terug te keer na haar ma- en pa-goed in die Noord-Kaap.

Terug na daardie woestynland waar sy weer Daantjie is, en al die ander spoke van die verlede moet trotseer. Wat is huis, wonder sy. 

Dianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend. 

boek

Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos, deur Troula Goosen

Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos deur Troula Goosen

Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster Tyrion te sien optree. Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by ’n eksklusiewe superster-akademie by te woon. 

Die hoof, Madame Rosa, is baie eienaardig. Sy wil hul geheime talente ontwikkel sodat hulle saam met Tyrion op ’n wêreldtoer kan gaan, maar iets is nie pluis nie. Watter donker geheim skuil in die Swart Roos se gange?

Die drie vriendinne moet vinnig ’n plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.

Maak só om in te skryf:

Om in aanmerking te kom om een van dié twee boeke te wen:

1. “Like” NoordkaapBulletin se Facebook-blad @NoordkaapBulletin.

2. Teken in op NoordkaapBulletin se weeklikse nuusbrief voor of op Vrydag 29 Julie om 16:00. 

Om in te teken, volg die skakel “Subscribe to the newsletter” op die nuusbrief, of stuur e-pos na noordkaap@media24.com.

Stuur hiermee saam jou naam, van, kontaknommer en waar jy woon, met die woord “Boek” in die onderwerpreël, na noordkaap@media24.com.

  • Dui ook aan watter boek jy graag sal wil wen. 
  • Die wenners van die twee kinderboeke in die vorige boekkompetisie van NoordkaapBulletin is Marike Engelbrecht van Upington, en Fernette Fourie van Kimberley. Baie geluk!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article