Loslitdag vind oor minder as ’n maand op 2 September plaas. Dit is die jaarlikse groot geldinsamelingsveldtog van die Nasionale Raad van en vir Mense met Gestremdhede (NCPD).
Hierdie organisasie sien die afgelope 84 jaar na die behoeftes van mense met alle vorme van gestremdhede om en is slegs van skenkings en geldinsamelingsveldtogte afhanklik.
Die publiek kan die NCPD ondersteun deur ’n plakker teen R20 by talle niewinsgewende organisasies, sommige kleinhandelaars, ondernemings, regeringsdepartemente en skole, asook aanlyn by casualday.co.za, te koop. Digitale plakkers is ook beskikbaar.





